Optima Eksekuteurs bied ‘n reeks belastingdienste aan. Hierdie diens sluit die volgende in:

  • Meld die belastingbetaler se dood by SARS aan;
  • Verkry die oorledene se belastinggeskiedenis;
  • Verkry die nodige inligting, bereken die inkomstebelasting, kapitaalwinsbelasting en die belasting op annuiteite/lewensprodukte, berei die oorledene se inkomstebelastingopgawe(s) voor tot datum van dood en dien dit in by SARS;
  • Registreer die boedel as ‘n aparte belastingbetaler by SARS;
  • Verkry die nodige inligting, berei die inkomstebealstingopgawes voor vir die periode vanaf dood tot datum van die Likwidasie en Distribusirerekening en dien dit in by SARS;
  • Bereken die boedelbelasting betaalbaar en stel vas wie vir die betaling daarvoor aanspreeklik is;
  • Voltooi die Boedelbelastingopgawe en dit in dien by SARS;
  • Hanteer alle SARS navrae en oudits;
  • Verkry SARS se uitklaring.

Hierdie diens word tans deur verskeie ander boedelpraktisyns gebruik. Ons hanteer alle interaksies met SARS, eFiling en die ander rolspelers.