Boedelbeplanning is noodsaaklik om te verseker dat jou bates behoue bly vir jou geliefdes en aan hulle oorgedra word in ooreenstemming met jou wense. Dit is ook belangrik om te bepaal watter kostes jou dood gaan meebring en om dit so laag as moontlik te hou.

Die eerste en belangrikste stap van boedelbeplanning is ‘n geldige, uitvoerbare testament. In jou testament het jy die geleentheid om jou bates te bemaak, jou erfgename te benoem, jou eksekuteur te benoem en ‘n voog vir jou minderjarige kinders te benoem. Indien jy te sterwe sou kom sonder ‘n geldige testament, is jy al die boegenoemde voorregte kwyt, aangesien jou boedel dan volgens die Wet op Intestate Erfopvolging verdeel gaan word. Hierdie verdeling sal nie jou wense verteenwoording nie en kan onbedoelde komplikasies inhou.

Die tweede stap is die ontleding van jou boedel om vas te stel watter kostes en belastings jou dood gaan meebring asook om te verseker dat daar genoeg kontant in jou boedel is om die kostes en belastings te betaal. Indien daar ‘n kontanttekort is sal jou eksekuteur verplig wees om sommige of al jou bates te verkoop wat natuurlik nie wenslik is nie.

Optima Eksekuteurs sal jou boedel beplan en ‘n testament opstel om te verseker dat:

  • jou wense uitgevoer word;
  • jou boedel oor genoeg kontant beskik om die skuld, koste en belastings te betaal;
  • jy al die belastingkortings benut;
  • jou bates bewaar word vir jou erfgename.

Ons sal jou bystaan met die oprigting van trusts, maatskappye en ander strukture wat nodig is om aan jou boedelbeplanningsbehoeftes te voldoen.