Jannie Rossouw neem die leiding by Optima Eksekuteurs. Hy het in 1981 as Geoktrooieerde Rekenmeester (SA) gekwalifiseer nadat hy sy BCom en BCom (Honneurs) grade by RAU (Universiteit van Johannesburg) behaal het. Hy werk vanaf 1976 to 1986 vir Brink, Roos & Du Toit (PricewaterhouseCoopers) in Johannesburg. Hy registreer as Openbare Ouditeur in 1986 en werk vanaf 1986 tot 1988 as ‘n senior lektor in ouditkunde by UNISA. Vanaf Januarie 1988 bedryf hy ‘n openbare praktyk vir sy eie rekening. Hy voltooi sy MCom graad in1989. Sedert 1992 raak hy betrokke by boedelbeplanning, boedelbereddering en trusts. Jannie Rossouw se persoonlike ervaring nadat sy vrou in ‘n tref-en-trap ongeluk oorlede is, beteken dat hy begrip het vir jou behoeftes en vrese, asook die belangrikheid van ‘n behoorlike boedelplan en testament.

    1. Boedelbeplanning…

      Ons sal jou help om jou boedel te beplan ten einde te verseker dat jy jou doelwitte bereik. Ons sal jou ook bystaan met die opstel van jou testament.

    2. Boedelbeplanningsbehoeftes…

      Ons sal jou bystaan met die oprigting van trusts, maatskappye of ander strukture wat nodig is om aan jou boedelbeplanningbehoeftes te voldoen.

    3. Boedelbereddering…

      Ons tree op as eksekuteurs in bestorwe boedels en, as jou eksekuteur, sal ons met persoonlike aandag en deernis jou boedel beredder en jou naasbestaandes bystaan.

Groot finansiële instellings en trustmaatskappye lewer nie meer daardie persoonlike diens wat hulle so deftig belowe nie. Personeel in diens van hierdie ondernemings beskik dikwels nie oor die werksetiek

en deernis wat nodig is om ‘n bestorwe boedel te beredder en die naasbestaandes by te staan nie.