Optima Eksekuteurs is tot stand gebring deur Jannie Rossouw, ‘n geoktrooieerde rekenmeester en geregistreerde ouditeur. Hy is reeds 30 jaar betrokke by boedelbeplanning en die administrasie van bestorwe boedels. Jannie gee persoonlik aandag aan elke boedel wat hanteer word. Jannie se ervaring toe sy vrou oorlede is in ‘n tref-en-trap insident beteken dat hy in voeling is met jou behoeftes, vrese en bekommernisse en hy verstaan die belangrikheid van behoorlike boedelbeplanning en ‘n goeie testament.